DA logo

Die DA in die Raad - The DA in Council :

STATEMENT BY MIKE WATERS MP
DA SPOKESPERSON ON HEALTH


DA welcomes release of Ukhahlamba baby deaths report and calls on new Minister to ensure that this tragedy is never repeated.


The Democratic Alliance (DA) today finally received a copy of the report of the task team investigation into childhood deaths in the Ukhahlamba district in the Eastern Cape, as well as the report on the Health Minister’s visit on 30 May 2008, and a proposed workplan and follow-up report for the district. A copy of these reports can be obtained on request.


These documents paint a grim and depressing picture of health services in this part of the Eastern Cape. It is clear that no particular disease outbreak led to the spike in baby deaths in the district earlier this year, but rather that the health service available was simply hopelessly defective. We will shortly be paying a visit to the district to establish what progress has been made in fixing the catastrophic short-comings that the report identifies.


The DA has been trying for four months to obtain these reports, and we welcome the fact that the new Minister of Health, Barbara Hogan, seems to have brought a new spirit of openness and accountability to the Department. We look forward to more constructive engagement with her in the future, and in particular in seeing that never again will there be a repeat of the tragedy that these reports describe.  


The hospitals in the area are in a state which makes them simply incapable of providing the care that is needed to keep babies infected with diarrhoea alive. Among the many contained in the report were the findings that:
( Disease management was shocking. There were no protocols for the proper management of diseases. The majority of children were never weighed or tested for HIV, and children were often given the same treatment irrespective of their clinical symptoms.  Often basic medicines were not available;
( Attention to the needs and rights of children and their parents was equally appalling.  At one hospital mothers were not allowed to spend the night with their children. At another, they were required to pay R30 for this privilege and to sleep on the floor. There was no stimulation for children; and
(  Infection control was poorly maintained.  Hospitals did not have disinfectants or elbow taps, toilets were located next to kitchens, and water sometimes had to be fetched from elsewhere. 
It is notable that many of the problems did not arise because of inadequate funding, but were simply a question of poor management.  That this situation should have been allowed to persist unchecked is simply inexcusable.


MEDIA ENQUIRIES :
Mike Waters, MP – 082 902 4523
Lindiwe Mazibuko – 072 805 2220

 

Die DA in die Raad - The DA in Council :

’n Aksieprogram vir President Kgalema Motlanthe – (DA Nuusbrief)

 

Kgalema Motlanthe, die nuwe President van Suid-Afrika, moet vinnig en beslis optree om die vertroue van die land en nasie te wen en te bewys dat hy bo die regerende party se faksie-magstryd kan uitstyg en in belang van al die mense kan regeer.


Hy moet bewys dat hy die leier van die nasie is, eerder as die verkore sekundus vir die leier van ’n seëvierende faksie van die regerende party wat hom goedgunstiglik tot president laat verkies het. Dit sal net gebeur as hy uit die staanspoor tydens sy ampstermyn twee dinge doen wat in landsbelang is, maar nie in die eiebelang van Jacob Zuma, die ANC se president, en sy kliek nie.  Eerstens moet hy aankondig dat ’n regterlike kommissie van ondersoek na die wapentransaksie ingestel word onder ’n regter wat deur die Hoofregter benoem word.  In sy uitspraak in die saak tussen Jacob Zuma en die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings het regter Chris Nicholson ten opsigte van die wapentransaksie gesê: “Net ’n kommissie van ondersoek kan ons land behoorlik verlos van die kanker wat die politieke bestel en die reputasie vir integriteit wat na die val van apartheid só sorgvuldig gebou is, verswelg.”  Pres. Motlanthe moet dié voorstel aanvaar, want dit is ’n sleutelaanbeveling in ’n uitspraak wat die Zuma-kamp terloops geloof het as bewys dat ons regbank onafhanklik is, en dat konstitusionele demokrasie floreer. Dit is trouens net reg en regverdig dat die President sy grondwetlike bevoegdhede inspan om só ’n kommissie, met ’n regter wat deur die Hoofregter benoem word aan die hoof, moet instel sodat ons die volle waarheid kan vasstel.  Die agteruitgang van ons staatsinstellings as gevolg van binnegevegte in die ANC, en die gebruik van dié instellings as wapens in politieke veldtogte, het sy oorsprong deels in die wapentransaksie. Pres. Motlanthe kan help om daardie agteruitgang te stuit, en bewys dat hy daartoe verbind is om korrupsie te bestry, deur onverwyld ’n kommissie aan te stel.  Tweedens moet pres. Motlanthe ondubbelsinnig verklaar dat daar in sy ampstermyn geen “politieke oplossing” vir Zuma se regsprobleme sal wees nie. Enige poging om met die President se instemming ’n spesiale politieke ooreenkoms vir Zuma buite die hof te beding, sal onwettig wees en teen die Grondwet indruis. Dit sal ook ’n skending wees van die eed wat pres. Motlanthe afgelê het toe die Hoofregter hom gister ingehuldig het.   Dit sal sy gewete geweld aandoen, en ’n growwe verbreking van die beginsel van gelykheid voor die reg wees indien pres. Motlanthe sy mag sou misbruik om ’n politieke skikking vir Zuma te vergemaklik óf goed te keur.


Daar is prima facie-bewyse dat die ANC se president oor ’n tydperk van tien jaar 783 keer omkoopgeld ter waarde van R4,2 miljoen in totaal aanvaar het. Zuma kan geen regeringspos met enige geloofwaardigheid beklee voordat ’n geregshof die kans gekry het om die bewyse te oorweeg en sy onskuld vas te stel nie. ’n Omseiling van daardie proses – veral een wat deur die Presidensie bewerkstellig word, of een wat die Presidensie doelbewus miskyk – sal bevestig dat die “herroeping” van oudpres. Thabo Mbeki ’n siniese set deur Zuma se ondersteuners was om hul man skotvry daarvan te laat afkom sonder dat hy sy dag in die hof hoef te beleef.  Natuurlik sal pres. Motlanthe ook die politieke storm wat op Saterdag losgebars het toe Mbeki herroep is, en wat vandeesweek nog gerommel het toe dit rugbaar geword het dat ’n derde van die Kabinet bedank het, moet kalmeer. Die wyse en tydsberekening van daardie aankondiging het Suid-Afrikaners onkant betrap, die rand tydelik gedevalueer, finansiële markte geskud en die versplintering van die vertroue tussen die uitvoerende gesag en die regerende party duidelik blootgelê.


In die lig daarvan dat verskeie ministers uit die Mbeki-bestel in die geskommelde Kabinet ingesluit is, moet pres. Motlanthe seker maak dat enige spanning tussen die uitvoerende gesag en die ANC wat nog mag bestaan, geen negatiewe uitwerking op die landsbestuur en dienslewering het nie.   Dit is bemoedigend dat Trevor Manuel weer as Minister van Finansies aangestel is. Die aanstelling van Barbera Hogan as Minister van Gesondheid is ’n welkome verwikkeling. Dit is moeilik om die herontplooiing van haar voorganger, Manto Tshabalala-Msimang, as Minister in die Presidensie te regverdig as ’n mens haar rekord van onbevoegdheid in ag neem. Dalk kan ’n mens haar politieke oorlewing verklaar deur die feit dat haar man, Mendi Msimang, ’n voormalige tesourier van die ANC is, en baie van die regerende party se finansiële transaksies en gekonkel weet.


Ons merk met belangstelling dat Brigitte Mabandla na Openbare Ondernemings verskuif is,  en dat Enver Surty nou die Minister van Justisie is. Dit is ’n baie belangrike portefeulje ten opsigte van die Nasionale Vervolgingsgesag, want kragtens wetgewing kan die Minister van Justisie inligting oor hangende vervolgings van die NVG versoek. Die DA sal min. Surty baie goed dophou om seker te maak dat hy die onafhanklikheid van die NVG verdedig en dié owerheid toelaat om sy grondwetlike mandaat uit te voer, naamlik om vervolgings in te stel waar daar prima facie-bewyse teen enige persoon is, ongeag wat daardie persoon se politieke status ook al mag wees.  Die res van pres. Motlanthe se Kabinet is maar ’n allegaartjie. Hulle sal hard moet werk om die regering se integriteit te herstel in die kort tydperk van sewe tot tien maande wat oor is voordat ’n nuwe verkiesing uitgeroep moet word. Die Kabinet moet egter die puin van die Mbeki-bestel opruim, veral ten opsigte van sy beleidsmislukkings op die gebied van misdaad, MIV/vigs en werkskepping.   Wat misdaad betref, kan pres. Motlanthe ’n sterk boodskap na Suid-Afrikaners uitstuur deur sy regering te distansieer van die ontkenning wat daartoe gelei het dat Charles Nqakula, die voormalige Minister van Veiligheid en Sekuriteit (wat nou onverklaarbaar na Verdediging herontplooi is), gesê het burgers wat siek en sat van misdaad is kan “kerm tot hulle blou in die gesig is”, of “eenvoudig die land verlaat”.  Die President en sy nuwe minister, Nathi Mthethwa, moet ook daarvan werk maak om misdaadvlakke te laat daal, skuldigbevindingskoerse te verbeter, en die regruk van die strafregstelsel te bespoedig.   


In die gesondheidsportefeulje sal Barbara Hogan ’n mate van bevoegdheid met haar saambring wat Tshabalala-Msimang klaaglik kortgekom het. Sy staan nou voor die uitdaging om die ministerie te suiwer van die laaste spore van die ontkenning wat verwarring gesaai het oor hoe MIV/vigs oorgedra word, die landswye geleidelike uitbreiding van antiretrovirale medikasie in die wiele gery het, en Suid-Afrika se goeie naam die wêreld oor skade aangedoen het.  Laastens is dit tyd dat pres. Motlanthe die debat oor hervorming van die arbeidsmark wat Jacob Zuma verlede jaar te berde gebring het, weer aan die gang sit. Tóé het die president van die ANC groter buigsaamheid in die arbeidsmark bepleit op grond daarvan dat beperkende arbeidswette “die heel armstes” uit die arbeidsmark hou.  Daar rus baie gewig op pres. Motlanthe se skouers. Sy woorde en dade uit die verlede doen aan die hand dat hy ’n nugtere benadering tot regering met hom kan saambring, en ’n stabiliserende uitwerking op ons land se politiek kan hê nadat sy kollegas in die regerende party dié tot op die rand van die afgrond gevoer het. Hy moet hom egter onmiddellik van hul magstryde distansieer, en moet in belang van Suid-Afrika regeer, eerder as in belang van die Zuma-kamp.

 

Media navrae:  Frits de Klerk – 082 320 1890

 

 


Die DA in die Raad - The DA in Council :

Statement by Helen Zille - Leader of the Democratic Alliance


Pillay Commission Report: President Mbeki must fire Stofile without delay
 Given the gravity of the findings of the leaked Pillay Commission Report, there is simply no way that Sports Minister Makhenkesi Stofile can be allowed to continue in office. President Mbeki must act swiftly and remove Stofile from his Cabinet. Stofile must be given a chance to clear his name in a court of law but, until this happens, he has no place in government.


 It is alleged that Stofile, along with two other senior ANC members, siphoned off almost R200 million from the Eastern Cape Provincial Administration’s public coffers through dubious deals to their wives and relatives. According to the report, another R250 million is unaccounted for.
The current Premier of the Eastern Cape, Nosimo Balindlela, has resisted the release of the report for over a year and apparently “begged” the press not to release the leaked report. Now we know why. If the Premier deliberately attempted to cover up the report she must also be removed from office.


 President Mbeki must send out a clear message that corruption – no matter which faction of the ANC the perpetrator belongs to – will not be tolerated by this government. He has previously shown that he is willing to act only against those he views as political threats, such as Jacob Zuma and Nozizwe Madlala-Routledge. Yet will go out of his way to protect his allies, such as Jackie Selebi.  


 It is easy to see how 90% of South Africans see corruption as “a way of life” when half a billion rand can disappear from the coffers of a provincial administration. It is a reflection of the amorality of sections of our political leadership and an indictment of the financial management system in some administrations.


 The tragedy is that these funds could have been used to deliver quality services to the many desperately poor people in the Eastern Cape. If the money had been spent on water purification plants, for example, then perhaps 100 babies would not have died from consuming dirty drinking water. 


 Corruption is eating away at the heart of the state. If President Mbeki does nothing to stop the rot and fails to act against one of his allies, it will be another blight on his tarnished legacy.
 Part of the reason that the Pillay Report has seen the light of day is due to a DA motion in the Eastern Cape legislature to have the report tabled. The motion was unanimously agreed to by all
The DA’s representatives in the Eastern Cape legislature will continue to push for the report to be tabled and for the evidence contained in it to lead to appropriate legal action. Those implicated clearly have a case to answer in a court of law.

 

 

MEDIA ENQUIRIES:     Frits de Klerk – 082 320 1890

 

Vermy die Zimbabwe-besmetting in Suid-Afrika -
deur die leier van die demokratiese alliansie – Helen Zille


Kommentators en ander meningskeppers bespiegel openlik of ons op dieselfde, skynbaar onvermydelike pad as Zimbabwe is.  Mondli Makhanya, die redakteur van die Sunday Times, het die volgende oor die verkiesings in Zimbabwe geskryf: “In Suid-Afrika vra sommiges of dit hier kan gebeur.”

 

Die koerantkolomskrywer Justice Malala was selfs eerliker, en waarsku soos volg : “Wanneer ons eendag ons oë en ons monde oopmaak, sal ons kinders nie meer ‘n land hê om in te woon nie.  Die land sal Zimbabwe wees omdat ons Mbeki en sy kornuite toegelaat het om dit te verkrag.”
Deel van Mbeki se erfenis is die misbruik van staatsinstellings om die belange van ‘n faksie binne die ANC te bevorder.  Dit gaan nie onder Zuma verander nie.  Daar is inteendeel aanduidings dat Jacob Zuma die ANC se aanslag op die waardes van ons Grondwet heelwat verder as sy voorganger sal voer.  Hy en sy bondgenote toon al hoe meer minagting vir die oppergesag van die reg.  Dit word versinnebeeld deur die ontbinding van die Skerpioene om ANC-leiers te beskerm, beloftes van bloedvernietiging indien Zuma skuldig bevind sou word, en die moontlikheid dat regter Hlophe ontplooi is om regters van die Konstitusionele Hof te beïnvloed om ten gunste van Zuma uitspraak te lewer.


Op die ekonomiese front is dit duidelik dat die ANC – weens die al hoe sterker invloed van die SAKP en Cosatu – beleid voorstaan wat meer staatsingryping sal meebring, die private sektor eenkant toe sal skuif en ekonomiese groei gevolglik tot almal se nadeel, maar veral die armes s’n, sal smoor.  Selfs Kgalema Motlanthe, die ANC se adjunkpresident – ‘n sogenaamde gematigde – het al gesê : “Julle moet kapitalisme intens haat en ‘n stryd daarteen aanknoop.”

Nog ‘n faktor wat mense swaar op die gemoed lê, is ons regering se onvermoë om Mugabe se blatante verkiesingsknoeiery en die wrede onderdrukking van die opposisie te veroordeel.  Sommige het dit uitgelê as ‘n teken dat die ANC net so op ‘n bedreiging by die stembus sal reageer.  Wanneer die ANC-lede mekaar in die stryd om poste in hul eie party letterlik in die rug steek, moet ‘n mens wonder wat die ANC in ‘n taai verkiesingstryd aan die opposisie sal doen.  Ons het in 2006 in Kaapstad reeds ‘n voorsmakie van die ANC se reaksie op ‘n verkiesingsverlies gehad.

 

Verskeie faktore werk egter teen Suid-Afrika se navolging van Zimbabwe.

Die eerste is dat ons die tragedie in Zimbabwe van baie naby gesien het, en ‘n mens kan maar net hoop dat ons geleer het hoe om ‘n land nie tot in tirannie te laat stort nie.  In die algemeen misluk bevrydingsbewegings as hulle regeer omdat hulle nie kan verstaan dat demokrasie op ‘n beperking van mag afhang, en nie op ‘n sentralisering van mag nie.  Mugabe en Zanu-PF bied ‘n baie helder voorbeeld van wat gebeur as sentralisering, baantjies vir boeties en korrupsie in die staat endemies raak.  Selfs die ANC het nou erken dat Zimbabwe in ‘n krisis verkeer, maar ‘n mens moet wonder waarom dit die party agt jaar gekos het om tot dié gevolgtrekking te kom.  Dit is noodsaaklik dat die ANC die regte lesse uit dié krisis leer.

Tweedens het ons ‘n uitgesproke en aktiewe burgery wat sal baklei om te sorg dat Suid-Afrika op die smalle weg van konstitusionalisme bly.  Hugh Glenister se stryd teen die ontbinding van die Skerpioene is ‘n goeie voorbeeld hiervan.  Op elke terrein van die lewe in Suid-Afrika is daar individue en organisasies wat onafhanklik van die staat mobiliseer om ‘n uitdaging aan te spreek wanneer daar een opduik.


Wendy Luhabe, die voorsitter van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie, het onlangs tydens die Ekonomiese Wêreldforum in Kaapstad ‘n baie belangrike punt gemaak.  Sy het sakeleiers toegespreek en gesê Zimbabwe bevind hom tans in sy huidige gemors omdat “mense soos ons met stemme, in leiersposisies, wat die middele en hulpbronne het, hul stemme nie laat hor het nie.”  Haar kommentaar beklemtoon hoe belangrik dit vir sakelui en die burgery is om steeds hul deel by te dra om die ANC in die bek te ruk.  ‘n Deel van daardie rol is dat sakelui nie vasgevang moet raak in die web van begunstigingspolitiek waar sakegeleenthede deur politieke bande en partyverbande bepaal word nie.  ‘n Sterk, onafhanklike sakesektor waar geleenthede deur ondernemerskap, vaardigheid en harde werk bepaal word (en nie politieke bande nie), is vir ‘n suksesvolle oorgang na ‘n volhoubare demokrasie noodsaaklik.

 

Derdens, en na my mening die belangrikste, sal ons Zimbabwe se pad nie inslaan nie, want daar is ‘n sterk opposisie in Suid-Afrika om die ANC se vergrype in toom te hou en met uitvoerbare alternatiewe beleid vorendag te kom.  ‘n Mens moet onthou dat daar in die elf jaar tussen die stigting van Zanu-PF in 1988 en die stigting van die MDC in 1999 hoegenaamd geen opposisie in Zimbabwe was nie.


Dit word egter al hoe duideliker dat ons buite die huidige politieke bestel van ‘n oorheersende party en ‘n versplinterde opposisie moet beweeg.  Die welslae van ons demokrasie hang daarvan af dat mense van alle politieke partye moet saamstaan en ‘n sterk nuwe mag moet skep om die ANC by die stembusse na die kroon te steek.  Kiesers wil dit al hoe meer hê, maar politieke organisasies is nog steeds in die verlede vasgevang.  Ons moet almal wat die waardes van die Grondwet wil verdedig en bevorder, bymekaar bring.  Ons land se politieke toekoms hang daarvan af.
Die ruimte vir ‘n gepaste middel waarvan die ideale van die Grondwet die kern uitmaak, en wat daartoe verbind is om aan alle Suid-Afrikaners geleenthede te gee, is aan die groei.  Dié ruimte is groter as die huidige steun vir enige opposisieparty, en selfs groter as die totale steun vir alle politieke partye saam.  Dit is noodsaaklik dat ons aan ‘n hele geslag jong mense wat hul opsies oorweeg en wonder of dit die moeite werd is om in ons land te bly, ware hoop bied, want hul bydrae is baie belangrik as ons wil sorg dat Suid-Afrika slaag.


In die praktyk behels dié herrangskikkingsprojek dat strategiese bondgenoodskappe met ander opposisiepartye gesmee moet word om ‘n verenigde front teen die ANC te skep.  Dit behels die skepping van ‘n politieke medium vir alle Suid-Afrikaners wat ontevrede voel oor die rigting wat die ANC-heerskappy se magsmisbruik en agteruitgang ons land laat inslaan.  Dit behels dat uitsonderlike mense wat tans buite die politiek staan, oorgehaal moet word om by die projek betrokke te raak.  Laastens behels dit dat ontnugterde ANC-lede wat op ‘n tyd geglo het hul party staan vir ‘n nie-rassige demokrasie wat op die waardes van ons Grondwet gegrond is, na dié kraal gelok moet word.


Kleingeestiges voorspel reeds dat enige poging om die politiek te herrangskik op niks sal uitloop.  Hulle wys op die oënskynlik onversoenbare verskille tussen partye op grond van ideologie en ego.  Hulle betoog dat ras ‘n onoorkomelike faktor sal wees. Hulle sê ANC-kiesers is nie gereed om van partyverband te verwissel nie, en dat hulle onwrikbaar deur ras en geskiedenis vasgevang is.
As hulle reg is, kan die demokrasie nie in Suid-Afrika slaag nie.  Ek weier om dié gevolgtrekking te aanvaar.  Ek glo dat beginselvaste politici persoonlike verskille en gedienstigheid in die kort termyn tersyde sal stel wanneer die tyd daarvoor ryp is, sodat die land daarby kan baat.
Intussen sal die DA sy missie voortsit om met die volgende verkiesing sy groeiende steun te mobiliseer.  Namate die ANC se greep weens swak lewering en misnoeë oor baantjies vir boeties, korrupsie en die aanslag op ons Grondwet verswak, sal die DA bly groei, en sal nog geleenthede vir ‘n herrangskikking hulle voordoen.

 

Die rigting waarin die ANC Suid-Afrika voer, is dalk ‘n bedreiging vir die grondwetlike vryhede wat ons so op prys stel, maar dit hou die belofte van wesentlike verandering in.  As Suid-Afrika misluk, sal dit nie net die ANC se skuld wees nie.  Die burgery, die sakewêreld en die politieke opposisie sal ewe skuldig wees.


Die ou orde sterf.  Die nuwe sukkel om te ontstaan.  Ons kan William Butler Yeats se woorde aanpas:  “Die bestes kan ‘n gebrek aan oortuiging nie bekostig as die slegstes van passievolle intensiteit oorloop nie.”

 

Die DA in die Raad - The DA in Council : expropriation - xenophobia


Van alles en nog wat: expropriation - xenophobia


Nogal ‘n probleem om vandag te besluit waaroor om te skryf: begrotings, die beoogde nuwe onteieningswet, xenophobia, die Duitsers se manier van politiek bedryf? Nogal ‘n wye keuse.


Kom ons begin maar by die Duitsers. Die uwe was bevoorreg om deel te wees van ‘n groep wat Duitsland besoek het om meer te wete te kom van die Wêreldsokkerbeker en dan Duitse politiek. Slegte nuus eerste: die manne wat ‘n sukses gemaak het van die vorige Wêreldsokkerbeker sien swarigheid vir die Port Elizabeth stadium om betyds klaar te kom. Maar die plaaslike manne in beheer sê daar is nie ‘n krisis nie. Hoekom klink dit so half bekend? Goeie nuus(?) is dat die Duitsers kla oor dieselfde dinge waaroor ons kla. In Duitsland is tans ‘n ‘grand coalition’ van die twee grootste politieke partye aan bewind en die opposisie kla ook dat hulle geen inspraak het nie, dat die Parlement as rubberstempel gebruik word en, glo dit as julle wil, oor korrupsie. Wat alles natuurlik maar net weer bewys dat Lord Acton sommer die hele huis op die kop geslaan het toe hy gesê het “Absolute power corrupts absolutely”. Slim man.  


En terwyl ons die Duitse politiek bekyk ontplof xenofobie toe plaaslik en die oorsese TV-nuus wys beeldmateriaal wat sterk herinner aan die einde 1980’s, begin 1990’s. Grootoog Europeërs vra grootoog uit oor die ‘geweld’ in SA. Waarop ons maar net kon antwoord dat dit wel baie ontstellend is, maar niks nuuts nie – meer Suid-Afrikaners word daagliks vermoor, maar snaaks genoeg haal dit kwalik die nuus. Om presies te wees word 53 Suid-Afrikaners daagliks vermoor en 144 vroue en kinders daagliks verkrag – het u dit al ooit op enige oorsese nuuskanaal gesien?  

 

But this does not mean that the violence against ‘outsiders’ can ever be condoned. The reasons for this outbreak? I hate to say this, but the people I saw in photos who were busy looting shops and burning property to me seemed neither poor,  nor underfed or angry. In fact they were well-clothed, looked well-fed and were smiling broadly while happily swinging pipes to break windows and gain entry into shops. Lekka ou looting: as die TV’s en yskaste nie uit die lug wil val nie, gaan haal ons dit sommer self in die winkels. 

 

In her weekly newsletter SA Today DA-leader Helen Zille says: “It is now clear that we stand on the brink of a systemic breakdown in respect of border control, asylum seekers and law and order in affected areas. President Mbeki as usual is conspicuous by his absence, not even deigning to visit the afflicted areas to see for himself what is driving the violence.   Perhaps an even greater indication of the leadership vacuum is the absence of Jacob Zuma who is also overseas. We cannot hide from the fact that many of those carrying out the attacks in Gauteng are Zulu-speakers allegedly singing his signature anthem, umshini wami. According to press reports, some of the victims have blamed Zuma for saying to local people that when he is President he would get rid of all the foreigners.”     Promises, promises, promises. Could it be that some of SA’s leaders would not hesitate to push the country over the brink for personal political gain? One can only shudder at such stupidity. 

 

About the Expropriation Bill: submissions must be in on/before 13 June 2008 – kontak my by 051 653 1550.

 

En nou die begrotings: Ukhahlamba s’n is goedgekeur met slegs die DA wat daarteen gestem het. Ons het probleme gehad met die dokument wat minder as 24 uur voor die vergadering ontvang is en het ook vrae gevra oor publieke deelname en die oënskynlike groot toename in die salarisse van die MM en ander bestuurders. Daaroor is ons koppe amper afgebyt – in ANC-demokrasie is opposisie-partye nie veronderstel om hulle monde oop te maak nie – maar later blyk die syfers in die begroting toe ‘n fout te wees: dit gee die totaal van die hele kantoor se salarisse en nie slegs die van die bestuurders nie.  Wag nog vir ‘n verskoning.


Goedkeuring van Gariep se begroting is uitgestel en daar is besluit om weer terug te beweeg na openbare deelname. Ons sal maar moet sien wat dit oplewer.

 

On the Side

Contact

(079)892-8188
(072)806-1748
News@
Burgersdorp.ZA.NET

Copyright

NO Permission to copy
Anything!