Tjokkerland

 

OORSLAPIE - 17 Oktober 2008
Dis met groot opwinding dat ons die slapies afgetel het tot die groot SLAPIE toe.  Ek het al meer as ‘n week voor dit gehoor watse beddegoed en slaapdiertjie kom, wat hulle gaan doen en sommer wat ook op die spyskaart gaan wees.  En daar was nou lekker en interessante kosblikke… Dankie aan die ouers wat dit ekstra lekker gemaak het vir die kinders.  Teen elf-uur was almal reeds aan die slaap… nogal vroegerig vir kinders wat baie soetgoed vir aandete gehad het!
Eers na 5:30 het die eerstes begin roer en weer begin peusel en proe.  Hulle besef dit nie en ek glo nie eens al die ouers besef die dieper waarde van die oorslapie nie.  Vir sommige van die kinders is dit die heel eerste keer dat hulle weg van die huis af slaap.  Sommiges het darem al by ‘n ouma en oupa oorgeslaap… maar dis familie.  Hulle kon vir die wêreld wys hulle is groot.  Hulle is reg vir die skool en die lewe.  Die feit dat hulle in ‘n bekende omgewing kom slaap het, het dit ook natuurlik baie makliker gemaak.  Wel…. volgende jaar maak ons weer so…

 

GHOLFDAG
Ons Gholfdag het om verskeie redes nie plaasgevind nie.  Dit sou ‘n baie lekker kompetisie gewees het, maar nou ja.  Graag bedank ons die volgende donateurs/borge vir hulle bydraes :  Putter en Genote, Aliwal Auto, Dokters, Border Security, Nellas, Vincent Bredenkamp, Vetkraal Angora Stud Breeders, J van Straaten, Hoërskool Burgersdorp, Burgersdorp Apteek, Bennie Botha en Lisa, Div’s Motors, Aliwal Auto Spares.  Dankie ook aan diegene wat pryse sou gee.  Dit staan oor tot ons volgende Gholfdag.  Dankie aan Basie Marx dat hy bereid was om die spit te maak.  Ons waardeer julle bereidwilligheid en goeie gesindheid teenoor ons skool.

 

KERMIS
Die kermis was baie lekker en daar was die hele tyd ‘n besige roaring tussen die tafels deur.  Die groot treffer van die dag was ons heerlike hamburgers wat sowat 600 magies gevul het.  Baie dankie aan elkeen veral ons ouers, vir elke bydrae en hulp wat ons ontvang het.  Johan en van sy personeel van Dirk Postma wat ingespring het en ons speletjie-tafels vir ons beman het.  Julle is tops!  Aan elke kind en grootmens wat ons ondersteun het op die dag:  Dankie dat jy daar was en ons ondersteun het.

 

ROMMEL-TROMMEL
Ons vra grootmens-klere en skoene.  Van ons pophoekies se klere is al opgespeel.  Ook ou babakombersies en poppe asb!

 

 
Die Blouklas van Tjokkerland vir 2008
Hier is ons!!!   ‘n Dag in die Blouklas is altyd vol verrassings.  As iemand verjaar, word dit gevier met koek en lekkers…..  Ons het alreeds baie partytjies gehou, maar ons moet eers ons werk klaarmaak.


Elke week leer ons iets nuuts.  Ons oefen om ons fyn en groot spiere te ontwikkel en ook leer ons om te deel en om met mekaar te speel sonder om te baklei.


Die klere en pophuise is vir die meisies die lekkerste.  Aan al die tannies :  Ons vra GROOT asseblief enige klere, skoene, handsakke en hoede wat nie meer gebruik word nie.  Ons geniet dit om daarmee tannie-tannie te speel.


Ons weet dat ons gladnie in die water of modder mag speel nie, maar dit is só lekker, veral as ons dink juffrou Jillian sien ons nie! 


Groete uit die Tjokkerland Blouklas…

 


Tjokkerland - Burgersdrop - Blouklas 2008 Tjokkerland - Burgersdrop - Blouklas 2008

Tjokkerland - Burgersdrop - Blouklas 2008

Tjokkerland - Burgersdrop - Blouklas 2008

On the Side

Contact

(079)892-8188
(072)806-1748
News@
Burgersdorp.ZA.NET

Copyright

NO Permission to copy
Anything!