Burgersdorp Off-Road Club - 2009


Facebook Photos - come join us

Burgersdorp on Facebook - Please come and join us as a Fan (Follow this link please).

BURGERSDORP 200 - 2009!

Documents 29 August 2009 event:


Burgersdorp 200 - Documents for the 2009 event


Burgersdorp Off Road Club - 2008


BURGERSDORP OFF ROAD KLUB MOTORFIETSRYERS BLINK UIT!

(16 May 2008)

 

Die lede van Burgersdorp Off Road Klub het aansienlike prestasies die afgelope paar maande behaal.


RED CHERRY

 

Vyf manne nl. Pierre en Bennie de Klerk, Carl Paul, Charles Lumsden en Ronnie Koekemoer het op 15 Maart aan die Red Cherry te Port Elizabeth deelgeneem.  Hierdie was die tweede been van die Nasionale Kampioenskapreeks.  Al reeds om 07:00 het die sowat 350 ryers weggespring in verskillende kategorieë.   Volgens die deelnemers was dit die moeilikste roete in jare. 

Aanvanklik was dit baie stowwerig maar namate die wedren gevorder het, het daar reën uitgesak wat weer die omgewing byna onbegaanbaar gemaak het.  As gevolg van die reënweer kon ‘n klomp ryers ongelukkig nie die wedren voltooi nie.  Pierre het uiteindelik tweede in die Novice Quads geëindig, maar weens ‘n swak tegniese beslissing is hy teruggeskuif na die 7de plek.  Carl Paul eindig in die 10de plek vir Novice Bikes  wat uitstekend is aangesien dit sy eerste nasionale kampioenskap was.   Dit was die eerste keer dat hierdie twee manne aan hierdie kompetisie deelneem en voorwaar uitsonderlike prestasies!  Baie geluk.

CLIFFORD QUADS & BIKES OFF ROAD RACE – BARKLY OOS

 

Deelnemers van regoor die hele Suid-Afrika het hierdie byeenkoms bygewoon op 12 April.   Drie van Burgersdorp se Quad en Motorfietsryers het gaan deelneem.  Hierdie wedren wat een van die grootste uitdagings vir ryers is, is deur ‘n hele klompie plaaslike ryers ondersteun.  Wat hierdie wedren so uitsonderlik maak is die feit dat dit baie tegnies is en nog meer, dat dit in berge geskied.  Die moeilike bergpaaie en hoë klowe en berge het menige ryer mismoedig gemaak! 

 

Die beroemde Alfie Cox wat bekendheid verwerf het deur  die baie Dakar wedrenne wat hy voltooi het, was ook teenwoordig as gas en hy het ook die prysuitdeling behartig en ‘n praatjie gelewer oor sy ervarings tydens die Dakar Wedrenne.  Volgens hom is Barkly-Oos se terrein die beste in Suid-Afrika vir motorfietse & quads.   Dit was ook goed om van hom te verneem dat daar ‘n groot toekoms vir dié sport in die Oos-Kaap is.   Pierre de Klerk wen die Quad afdeling en sy beroemde pa, Bennie de Klerk, eindig derde!  Charles Lumsden het vierde geëindig in sy klas.  Dit is ‘n prestasie om klaar te maak en daarom is ons baie trots op ons ryers en wens hulle van harte geluk met die mooi uitslae.


Charles het weer op 19 April aan die Lammergyer wedren deelgeneem waar hy eerste gekom het.  Baie geluk!

ROUXVILLE

 

‘n Hele paar manne van Burgersdorp het aan dié Vrystaat / Noord-Kaap streeksbyeenkoms te Rouxville gaan deelneem.  Bennie de Klerk het die Novice Quad-afdeling derde voltooi en André du Plessis eindig 3de en Louan Putter 4de in die Junior Motorfiets-afdeling.

 

ONS EIE NASIONALE KAMPIOENSKAPDEELNEMER

 

Louan Putter (aksie-foto nie beskikbaar)  het hierdie jaar gekwalifiseer om aan die Nasionale Junior Off Road Kampioenskappe deel te neem.  Gedurende Februarie neem hy deel te Mafikeng aan die eerste been en behaal ‘n algehele 14de plek in die Ope klas. 

In Maart reis hy na Hluhluwe in Noord-Natal en behaal ‘n algehele 16de plek.  Tydens die Junior Roof op 26 April in Lesotho, behaal hy ‘n 18de plek.  Ons is voorwaar baie trots op hom en al die ander ryers wat ons dorp se naam hoog hou.  Hou so aan!

 


On the Side

Contact

(079)892-8188
(072)806-1748
News@
Burgersdorp.ZA.NET

Copyright

NO Permission to copy
Anything!