17 Oktober 2008

 

VEILIGHEIDSMAATREëLS OP PLASE (ASOOK VIR ALMAL IN TEHUISE VIR BEJAARDES, WOONSTELBEWONERS, PRIVAAT EIENDOMME ENS.)

 

‘n Heining rondom die plaas met hekke wat kan toesluit is meer effektief as ‘n hoë baksteenmuur omdat dit sigbaarheid verhoog.  Apparate kan aan die heining gesit word sodat dit ‘n geluid maak en waarsku as iemand aan die heining raak.  Hekke moet altyd gesluit wees.  Veiligheidshekke moet altyd gesluit wees en voor elke deur geinstalleer word.  Elke venster moet diefwering hê, nie net die vensters wat kan oopmaak nie.  Indien ‘n alarmstelsel ontkoppel word, moet daar steeds ‘n sirene wees wat oor ‘n lang afstand gehoor kan word.  Waghonde is goeie diere.  Hou hulle agter hekke sodat vreemdelinge nie by hulle kan uitkom nie.  Wees baie oplettend as ‘n hond skielik sonder rede sterf.  Moet niemand op jou plaas toelaat alvorens jy nie weet wie dit is nie.  Hou streng wag oor jou sleutels sodat niemand ‘n duplikaat daarvan kan maak nie.  Verander jou roetine daagliks en verseker dat jou perseel genoeg beligting het.  Leer jou plaaswerkers om nooit enige inligting aan vreemdelinge oor te dra nie.  


‘n Paar wenke wat in gedagte gehou moet word tydens ‘n aanval:
Moenie paniekbevange raak nie, hou kop.  Moet nooit ‘n aanvaller teëstaan nie behalwe as dit beteken jy kan op daardie oomblik ontsnap.  As jou lewe in gevaar is, moet jy fisiek probeer terugbaklei.  Probeer ook hard skreeu of weghardloop.  As dit nie moontlik is om jou teë te sit nie, probeer op dinge merk wat met die uitkenning van die verdagtes kan help.  Probeer let op haarkleur, oë, merke, die ouderdom en die lengte van die aanvaller. 


Dit is belangrik om te onthou aardse goedere kan vervang word, maar ‘n mens se lewe kan nie vervang word nie.

 

(Uittreksel uit Volksblad – 29/08/2008)      

 

 

 

HERE JESUS


Baie dankie dat U vir my die brood van die lewe is.


Dat ek mag weet en glo dat U Liggaam vir my aan die kruis gebreek is, dat U bloed gevloei het om my sondes weg te was sodat ek nou vir altyd God se kind mag wees en die ewige lewe mag hê.
Dankie dat ek nooit weer honger en dors hoef te kry nie omdat U elke behoefte van my volkome vervul. 


Here, ek bid dat U my sal help om vas in U te glo, om die beheer van my lewe aan U oor te laat.
Dankie vir die sakrament van die nagmaal waar U dit vir my moontlik maak om U liefde vir my tasbaar te mag proe in wyn en brood, sodat ek kan weet :
Net so seker as wat ek die brood eet en die wyn drink,
Net so seker het U vir my sonde betaal met U liggaam en U bloed sodat ek nooit weer honger of dors hoef te wees nie.  Help my nou om op U leiding te wag en te glo dat U Gees my met die nodige krag sal toerus.


Uit :  LEEF VIR CHRISTUS – Johan Smit

 


AFRIKA ROTAVIRUS-SIMPOSIUM
Rotavirus veroorsaak diarree met skielike ontwatering in veral jong kinders en baba’s.  Daar is geen spesifieke behandeling nie en daarom was die mediese wêreld verheug toe ‘n veilige vaksien, om rotavirusinfeksie te voorkom, beskikbaar gestel is.  Dit word reeds in eerste wêreldlande gebruik, maar daar is nie fondse om dit in Afrika en ander derde wêreldlande in die roetine gratis immunisasie in te sluit nie.  Om hierdie proses aan te help is daar die afgelope paar jaar baie moeite gedoen om die insidensie, ernstigheid en die soort rotaviruses wat in verskillende lande voorkom, te dokumenteer.


Gedurende Julie 2008 is daar ‘n Afrika Rotavirus-simposium by die universiteit van Mauritius gehou.  Dit het saamgeval met die “African Health Sciences Congress” en die “Society for Free Radical Research-Africa” se kongres.  Verskeie Afrikalande het hul inligting oor rotavirus hier voorgedra en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het rapporteer hoe die proses om die vaksien in lande te ontplooi, in die praktyk vorder.  Maatskappye wat navorsing befonds het ook geleentheid gehad om ‘n bydrae te lewer.  Die voorlopige resultate van ‘n groot rotavirusvaksien-effektiwiteits-studie wat in Gauteng gedoen is, is deur dr Mari Kirsten, ‘n oud-Burgersdorper, voorgedra.

 

 

Avon!!! Camp 12 

Die jaar snel ten einde en Kersfees is in sig.  Ons kan terugkyk na ‘n baie goeie jaar vir AVON in Burgersdorp en dit is net te danke aan my puik Runners en lojale ondersteuners.
‘n Besonderse nuwe Parfuum “Christian Lacroix Rouge” sien die lig en is net so eksoties soos sy naam.  Geskenkpakke vir Kersfees is alreeds beskikbaar – so jy kan nou al begin bymekaar maak…. Van die ander parfuums maak ook pragtige geskenke en is op spesiale aanbod.  Velsorg is tot halfprys.  Daar is ook pragtige grimering teen uiters goeie pryse.  Die Senses reeks kry ‘n nuwe baadjie en lyk baie mooi vir geskenke.  En dan natuurlik die “Gift sale while stocks last” waar jy altyd ‘bargains’ koop.  Geniet hierdie boekie…. ek is seker hy gaan ‘n wenner wees.
Kontak enige van die onderstaande runners en hulle sal vir jou ‘n boekie bring.

 

Kontak :

CHRISTINE TROSKIE 082 776 4820 
SANMARI MARITZ 051-6531789
VANGIE NEL 082 873 015
DINE MARX  051-6531104
JILLIAN PAUL 082 577 4415
JANNIE VD WALT 051-6531836
ISANRA V RENSBURG 072 112 1120
SJAAN (MOLTENO) 073 173 3078
MARIELE V RIJSWIJK 051-6531111
HENRIëTTE KOEN 051-6530449
ELRINA VD WALT 048-884 0096

 

 

 

  • On the Side

    Contact

    (079)892-8188
    (072)806-1748
    News@
    Burgersdorp.ZA.NET

    Copyright

    NO Permission to copy
    Anything!