Fem Dohne

 

Uitstaande ramme, goeie organisasie, goed ingeligte kopers en baie lekker kos was die wenresep vir Frans en Andries Marx se 20ste veiling wat op 13 Februarie gehou was.

64 Topgehalte ramme is aangebied aan die 43 geregistreerde kopers.  Hoë kwaliteit wol en goeie bouvorms was van die uitstaande eienskappe.

 

Die plaaslike staatmakers Tjokkie en Alwyn Marx, Anton Styger, Elna en Willem Pienaar en Ouboet Coetzee asook Deon Lategan van Steynsburg en Steyn Boerdery van Venterstad het weer die veiling goed ondersteun.

 

Die duurste ram word aangekoop vir R38000 deur mnre H L Kitzhoff en seuns BK van Morreesburg en hulle betaal ook die 2de beste prys van R21000.  Die ooie verkoop uitstekend met Steyn Boerdery, wat die dragtige ooie koop.  Die dragtige ooie verkoop vir R1175 en die 2-ling dragtige ooie vir R1225.  Stoetooie word verkoop vir gemiddeld R1600 aan mnr Swanepoel van Steynsrus.

 

BKB wil die MARXse gelukwens met die uitstekende veiling.  Dit was ‘n voorreg om daaraan deel te hê.

 

Baie dankie aan die kopers, ons glo julle het goeie waarde vir julle geld ontvang.

Volgende jaar as dit die Heer se wil is, gaan dit die 21ste veiling van FEM DOHNES wees en word daar groot dinge beplan saam met die veiling.

 

 

geen fotos beskikbaar vir hierdie artikel nie - jammer

 

On the Side

Contact

(079)892-8188
(072)806-1748
News@
Burgersdorp.ZA.NET

Copyright

NO Permission to copy
Anything!