1 EETLEPEL MEELBLOM
1 VOLRONDE TEELEPEL PAPRIKA
1 HOENDEREKSTRAK BLOKKIE
1 TEELEPEL SOUT
1 TEELEPEL PEPER
4 HOENDERBORSIES, ONTBEEN & IN REPIES GESNY
1 UI, FYNGEKAP
2 KOPPIES SAMPIOENE, FYN GEKERF 1 GROEN SOETRISSIE
½ KOPPIE TAMATIESOUS
1 EETLEPEL BRANDEWYN
OLIE VIR BRAAI
1 KOPPIE KARRINGMELK
Plaas meel, paprika, sout en peper in ‘n plastieksak. Voeg hoender by en skud totdat hoender heeltemal bedek is. Braai ui tesame met die hoenderekstrakblokkie in bietjie olie. Wanneer bruin, voeg meelbedekte hoender, soetrissie en sampioene by. Wanneer hoender gaar is en groente ‘n vloeistof begin afskei, roer brandewyn en tamatiesous by. Haal van stoofplaat af en voeg karringmelk by.
Bedien onmiddellik.
Verskaf deur GARIEP
KIEP!!!
Smithstr, Burgersdorp
Tel: 082 615 1051 / 079 892 8188/076 676 3653
BESOEK GARIEP KIEP VIR KONFYT & HEUNING, DROë VARS VRUGTE, BESKUIT, KLEIN KOEKIES, BILTONG, DROë WORS, MERINGUE DOPPE, VARS HEUNINGKOEKE en HOENDER: Heel, porsies, gerol, sosaties, vlerkies ens.
Marlene Greeff
A. Smelt saam oor lae hitte :
1 x kondensmelk,
250gr Rama Marg,
250ml Suiker,
Skil van 1 suurlemoen – fyn gerasper.
Sap van 1 suurlemoen,
5 ml lemoengeursel of 15ml vars lemoensap.
B. Meng : 2 x pks Marie beskuitjies – fyngerol en 2 koppies klapper.
Meng dit met mengsel A.
Druk in gesmeerde rolkoekpan.
C. Meng : 2½k versiersuiker met ¼k suurlemoensap, 5ml lemoengeursel en smeer oor bogenoemde mengsel in pan. Laat oornag, sny in blokkies.
(079)892-8188
(072)806-1748
News@
Burgersdorp.ZA.NET
NO Permission to copy
Anything!