Innige simpatie…
Ons innige meegevoel aan Coert en Eunice Venter en hul kinders en ook aan die res van die familie met die skielike heengaan van hul jongste seun, Stefan. Mag die Hemelse Vader julle anker wees in hierdie hartseer tyd.
Piet de Wet is op Dinsdag 7 Oktober 2008 oorlede. Hy was ‘n baie bekende en beminde man en jarelange prokureur in Burgersdorp. Oom Piet was die afgelope paar jaar ‘n woonstelbewoner by Huis Dirk Postma.
Ongesteld…
Aileen Lategan was vir ‘n operasie en behandeling. Sterkte aan jou en ons dink ook aan Ben wie se gesondheid ook nie altyd na wense is nie. Jakkie du Plessis het ‘n knie-operasie ondergaan. Lettie de Kock sukkel met haar gesondheid. Nico Groenewald moes weer na Bloemfontein gaan na die mantelvliesbreuk operasie wat hy ondergaan het. Gelukkig was nog ‘n operasie nie nodig nie, maar hy is nog steeds onder behandeling. Ronel Greyvenstein is in Bloemfontein vir behandeling. Marie Coetsee het ‘n galblaas-operasie ondergaan op 1 Oktober. Hoop dat u gou sal aansterk. Danie van Litsenborgh en Mara Wagenaar gaan albei vir rug-operasies. Edward de Villiers was vir ‘n knie-operasie.
HOUSE FOR SALE :
Oviston(on the banks of the Gariep Dam)
Neat 2 bedroomed cottage. Bathroom with separate toilet. Single garage. Flatlet. Established garden. Owner : 051-6550041.
Stefan Venter : oorlede 30-09-2008
BAIE DANKIE!
Aan al die wonderlike ondersteunende Burgersdorpers, familie, vriende vir jul ondersteuning, telefoonoproepe, kaartjies, bakke vol kos en vele meer. Jul gebede het ons gedra. God was en is nog elke oomblik by ons.
Stefan het voluit geleef, sy uitbundige lewensvreugde en aansteeklike lag sal almal onthou. Ons grootste eer aan ons Hemelse Vader wat hom 37 jaar as ‘n sonskynkind aan ons geleen het.
Sy nagedagtenis sal soet wees.
Coert & Eunice.
Te huur…
2 Slaapkamer woonstel te huur. Beskikbaar vanaf 1 November 2008.
Kontak Danie by 0822 914 149.
Baie dankie!
Baie dankie aan almal wat ons gehelp het met die veldbrand op Donderdag 25 September 2008. Spesiale dank aan Loekie Nel vir al sy hulp met die brande in die omgewing.
Jannie en J.B. Botha.
Doop...
Geluk aan Jaco en Marie Sauer met die doop van hul seuntjie op Sondag 12 Oktober 2008 vanuit die N.G. Kerk Burgersdorp.
Geluk ook aan die oupas en oumas!
Verlaat ons...
David en Esmé Petrowski is verplaas na Stutterheim en gaan ons aan die einde van November 2008 verlaat. Hulle was albei vir etlike jare verbonde aan Eerste Nasionale Bank Burgersdorp. Ons wens julle alle sterkte toe met die toekomsplanne. Wees verseker julle gaan baie gemis word deur vriende en kliënte.
RUSTEND, BURGERSDORP skryf :
Kom ons val met die deur in die huis : Dienste deur Plaaslike owerhede; Terloops, ek lees onlangs van astronomiese bedrae wat aan salaristrekkers opgedis word. In Engels sê ons: “What a disgrace?” In Afrikaans sê ons: “Iets uit die bose”.
Ekself het nooit by die Bose uitgekom nie. Na 21 jaar diens en die nodige kwalifikasies, het ek iets soos R6000.00 per jaar verdien. Nou praat hulle van R500,000.00 per jaar sonder opleiding en kwalifikasies!! Wie se skuld is dit?
Natuurlik, wat my betref, direk voor die deur van die Kabinet wie hierdie amptenare aangestel het – kan u sien hoekom sê ek: “Sedert 1994 is daar nog net chaos bereik en tans is hulle besig om die chaos nog ook te vernietig. Geen beheer hoegenaamd nie!!
Plaaslik betaal die belastingbetalers vir vullisverwydering waarvoor daar plastieksakke voorsien word. Dit is nou Oktobermaand en geen sakke is vanjaar ontvang nie. Doen jy navraag, soos vanoggend, dan stuur hulle jou van bakboord na stuurboord. Niemand dra enige kennis van sodanige sakke nie. Waarheen?
Dankie.
J C PUTTER, Posbus 292, Burgersdorp
(079)892-8188
(072)806-1748
News@
Burgersdorp.ZA.NET
NO Permission to copy
Anything!